Premier in kollig ná media-skandaal
2011-07-20 12:07
Londen – David Cameron, premier van Brittanje, is terug in sy land ná ‘n kortgeknipte besoek aan Suid-Afrika en Nigerië.
Cameron sal Woensdag ondervra word oor die afluisterskandaal wat Rupert Murdoch se media-ryk, die polisie en die regering geruk het.
Hy sal parlementslede toespreek en wetgewers se vrae oor sy bande met Murdoch se mediagroep moet beantwoord.
Sy verskyning kom ‘n dag nadat die media-magnaat voor 'n parlementêre komitee in Londen verskyn het.
Murdoch (80) het vir die komitee gesê hy is nie verantwoordelik vir die krisis nie.
Sy ondervraging is tydelik onderbreek toe ‘n betoger hom met ‘n skuimtert aangeval het.
Die media-magnaat se vrou, Wendi Deng, het opgespring en die aanvaller geslaan voordat die polisie hom weggeneem het.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP