Prediker kry skel tot byna in die hel

2011-04-03 09:24
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Rob Bell, een van die mees supergewilde Christen-predikers, ’n man wie se preekvideo’s landwyd in kerkdienste uitgesaai word, word nou deur vuurtonge gelooi.

Hoewel Bell lankal deur tradisionele én charismatiese kerke geloof word dat hy ’n jonger geslag Christene kerk toe lok, word hy nou wyd gekritiseer omdat hy in ’n nuwe boek glo beweer niemand gaan eendag hel toe nie nie.

In Love Wins skryf Bell, wie se boeke as ’n reël in Suid-Afrika onder die topverkopers van godsdienstige boeke is, almal sal uiteindelik gered word en dat die hel gevolglik leeg is.

Bell skryf Jesus het dit moontlik gemaak dat mense gered kan word, selfs al ken hulle nie sy Naam nie en dat mense ná hul dood nog ’n kans sal kry om berou te toon en gered te word.

In ’n onderhoud met USA Today sê Bell: “Die hart van God is om mense te red van alles waarvan hulle nodig het om gered te word.”

Nou het die invloedryke Southern Baptist Seminary ’n seminaar gehou om Bell se idees uitmekaar te trek. Op verskeie blogs en TV-programme word Bell, eens die lieflingseun van die evangelistiese kerke, nou uitmekaar getrek.

In Suid-Afrika is ook op die boek gereageer. Dr. Isak Burger, president van die AGS en skrywer van die boek Die eerste vyf minute ná die dood, het by navraag gesê hy het nog nie Bell se boek gelees nie, maar mense moenie die hel onderspeel nie.

“Jesus, wat die grootste openbaring van God se liefde is, het meer oor die hel as oor die hemel gepraat. Wat die hel by uitstek ‘hel’ gaan maak, is juis die afwesigheid van God en sy liefde – dít wat Jesus aan die kruis beleef het.

“Om te beweer ’n God van liefde sal mense nie tot so ’n plek en toestand veroordeel nie, is ’n humanistiese verskraling van die wese van God. God is ook waarheid, geregtigheid en heilig. “As Christen kan ek slegs binne die lig en openbaring van die Skrif sê dat diegene wat deur Jesus Christus na die Vader kom, gered sal word. God alleen is egter die regter wat sal oordeel oor dieg­ene wat nie oor dié lig beskik nie.’”

Daarenteen sê prof. Nelus Niemandt, teoloog van Pretoria, Bell se sienings is nie ongehoord nie.

“Die Wêreldraad van Kerke het in 1989 gesê daar is geen ander weg van verlossing as Christus nie, maar dat ons terselfdertyd nie beperkings op die reddende krag van God se wil kan plaas nie.

“Wat ek van Bell se boek waardeer, is radikale fokus op God se liefde en dat dit genoeg is om uiteindelik mense tot ’n nuwe lewe te beweeg. God se wil dat almal gered word, is deurslaggewend.”

***

'n Uittreksel uit Rob Bell se Love Wins:

“’n Verstommende hoeveelheid mense is geleer dat slegs ’n uitgesoekte groep Christene vir ewig in ’n vreedsame, gelukkige plek genaamd die hemel sal bly, terwyl die res van die mensdom die ewigheid in lyding en straf in die hel sal deurbring met geen hoop dat dinge kan verbeter nie. Dit is so duidelik aan baie mense oorgedra dat dit ’n sentrale deel van die Christelike geloof geraak het en om dit te verwerp byna is soos om Jesus te verwerp. Dit is verkeerd en giftig. Uiteindelik ondergrawe dit Jesus se boodskap van liefde, vrede, vergifnis en vreugde wat ons wêreld desperaat nodig het om te hoor.” (Eie vertaling).

Volg Nuus24 op Twitter.
 

- Rapport

Lees meer oor: geloof

Lewer kommentaar op hierdie artikel
268 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Ernst sê... Dit lyk vir my of daar geen einde aan die die knegskap en jammer sê is nie! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.