Pous vergader oor molestering
2009-12-07 18:19
Vatikaan-stad – Pous Benedict XVI sal Vrydag met twee leiers van die Rooms Katolieke Kerk in Ierland ontmoet om ‘n aanklag te bespreek wat sê dat die kerk kindermolestering vir dekades toegesmeer het.
Volgens ‘n verklaring sal pous Benedict Kardinaal Sean Brady en Dublin se Aartsbiskop Diarmuid Martin ontmoet om die kerk se “pynlike situasie” te bespreek na die verslag se bekendmaking.
Ander Vatikaanse beamptes en pouslike verteenwoordigers van Ierland sal ook volgens die verslag aan die samesprekings deelneem.
Die verslag is verlede maand uitgegee na ‘n ondersoek, deur die regering van stapel gestuur, gevind het dat kerkleiers in die Dublin aartsbisdom nie owerhede in kennis gestel het van seksuele mishandeling deur priesters nie.
- Sapa-AP