Pous spreek hom uit oor Midde-Ooste
2010-06-06 19:54
Ciprus – Die Vatikaan het Sondag gesê die internasionale gemeenskap ignoreer die lot van Christene in die Midde-Ooste, en dat die konflik tussen Palestina en Israel, die oorlog in Irak en politieke onstabiliteit in Libanon duisende Christene gedwing het om uit die gebied te vlug.
'n Dokument wat vrygestel is tydens Pous Benedictus XVI se pelgrimstog na Ciprus om hom voor te berei op 'n noodbyeenkoms van Midde-Oosterse biskoppe in Rome in Oktober verwys ook na 'n "ekstremistiese neiging" wat 'n gevolg is van "politiese Islam," wat 'n bedreiging inhou vir Christene.
In sy laaste mis in Ciprus on Sondag, het Benedictus gesê hy bid dat die byeenkoms in Oktober die aandag van die internasionale gemeenskap sal vestig "op die lot van Christene in die Midde-Ooste wat ly as gevolg van hulle geloof."
Hy het ook gevra vir 'n "dringende en internasionale poging om die voortslepende krisis in die Midde-Ooste, veral in die Heilige land, op te los voor die konflikte lei tot meer bleodvergieting."
- Sapa - AP