Pous spreek duisende in Duitsland toe
2011-09-25 14:56
Freiburg, Duitsland – Duisende mense het Sondag opgewonde opgedaag vir Pous Benedictus XVI se laaste diens in Duitsland.
‘n Harde applous kon gehoor word toe die pous Sondagoggend in ‘n goot veld langs die lughawe in Freiburg aangekom het.
Die pous se vier dag lange besoek kom te midde kommer oor Duitsland se kerke wat tienduisende lidmate verloor het nadat dit uitgekom het dat honderde kinders en jong mense deur kerkleiers en werkers van die kerk mishandel is.
Daar was ook verskeie betogings wat die Vatikaan se siening oor homoseksualiteit, voorbehoedmiddels en ander kwessies veroordeel het.
Pous Benedictus het Saterdagaand gesê “skade aan die kerk kom nie van die opponente nie, maan van Christene wat nie toevertrou is nie”.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP