Pous smeek om vergifnis vir molestering
2010-06-11 14:22
Vatikaanstad - Pous Benedict XVI het Vrydag om vergifnis gesmeek vir die “mishandeling van kleintjies” deur pedofiel-priesters en beloof om alles moontlik te doen om dit stop te sit.
"Die sondes van priesters is hierdie jaar ontbloot veral die molestering van kinders,” het die pous by die afsluiting van die Rooms-Katolieke kerk se Jaar van die Priesters, gesê.
Dit was die pous se mees duidelike pleit om vergifnis tot op hede.
“Ons smeek om vergifnis van God en van diegene wat betrokke is, en beloof om alles moontlik te doen om te verseker dat hierdie soort mishandeling nooit weer plaasvind nie,” het hy gesê.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA