Pous in die spervuur oor molestering

2010-03-14 09:05
Tweets Share Share line Print

Sapa-AP

Die Vatikaan moes die naweek bontstaan nadat die pous self by ’n kindermishandelingskandaal – die jongste van vele wat die Rooms-Katolieke Kerk teister – betrek is.

Dit het die afgelope week aan die lig gekom dat die voormalige bisdom van pous Benedictus XVI ’n priester toegelaat het om sy werk voort te sit ondanks die feit dat hy van kindermolestering verdink is.

Die pous, destyds aartsbiskop Joseph Ratzinger, was na bewering betrokke by die besluit om dié priester, wat net as H bekend staan, met pastorale werk te laat voortgaan terwyl hy in 1980 berading vir sy pedofiliese neigings ondergaan het.

Die bisdom het Vrydag erken dit was ’n fout om H steeds in diens te hou.

Die skandaal is deur die Duitse koerant Süddeutsche Zeitungin München, die stad waar H berading ondergaan het, aan die lig gebring.

Luidens die koerant het kerkamptenare geweet H se terapie hou verband met “seksuele omgang met seuns”. Desondanks het kerkamptenare hom gehelp om ’n pastorale werk in München te kry.

Dieselfde priester is ’n paar jaar later – tussen 1982 en 1985 – weer betrap dat hy kinders molesteer. In 1986 is hy skuldig bevind en ’n boete en opgeskorte tronkstraf opgelê.

Ratzinger was van 1977 tot 1982 aartsbiskop van München en Freising.

’n Woordvoerder vir die Vatikaan, eerw. Federico Lombardi, het Vrydag ’n verklaring uitgereik dat die amptenare wat H in sy pos gehou het reeds volle verantwoordelikheid daarvoor op hulle geneem het en dat die pous, as destydse aartsbiskop, geen verantwoordelikheid dra nie.

Na verneem word is die pous “erg gegrief en geskok” oor die voorval.

Gerugte van kindermishandeling het die laaste tyd al hoe meer rondom die pous en sy kring opgeduik, ook nadat bewerings geopper is van mishandeling van kinders van die Regensburg-kinderkoor wat vanaf 1964 tot 1994 deur die pous se broer, biskop Georg Ratzinger, afgerig is.

En selfs vroeër het die pous in die kollig beland toe daar onthul is dat hy in 2001 as senior amptenaar in die Vatikaan ’n brief aan biskoppe geskryf het om hulle te laat weet dat alle bewerings van kindermolestering deur priesters na sy kantoor gestuur moet word.

Andersins moet dit geheim bly, het hy geskryf. Sapa-AP

- Rapport

Lees meer oor: pous benedictus xvi  |  kinders

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sarel sê... Hoor hoor!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 12-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
Market Related

ACCOUNTS CLERK

Cape Town, South Africa
Quantex Executive Recruitment
Market Related

MIS Data Analyst

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
R30000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.0 T4 Local
1998
R 45,990.00

TOYOTA

Corolla 160i GLS MY04
2005
R 109,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 59,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.