Pous in Brittanje vir omstrede besoek
2010-09-16 21:10
Edinburg - Pous Benediktus XVI het in Skotland aangekom vir 'n vier dag lange omstrede dog historiese staatsbesoek aan Brittanje, wat oorskadu is deur seksmishandeling skandale wat die vertroue in die Rooms-Katolieke kerk laat afneem het.
Prins Philip, man van koningin Elizabeth II, was by die Edinburg-lughawe om die pous Donderdag te verwelkom.
Dít is die pous se eerste staatsbesoek aan Brittanje en hy sal deur die koningin ontvang word, simbolies kenmerkend weens die historiese wig tussen die amptelike Protestante nasie en die Katolieke kerk.
Volg Nuus24 op Twitter
- AP