'Pous het ons gefaal'
2010-03-20 19:19
Vatikaanstad - Pous Benediktus XVI het gesê hy is "regtig jammer" vir die mishandeling wat slagoffers onder priesters, broers en nonne in Ierland moes deurmaak.
Die pous het die krisis in 'n brief van 18 bladsye aangespreek wat die Ierse Katolieke Kerk geruk het.
Intussen het groepe wat die slagoffers van dié priesters gesê dié brief
"val kort" en hul bekommernisse word nie aangespreek nie.
Dié brief sal na verwagting Sondag in kerke in Ierland gelees word.
"Ek was diep verbyster deur die inligting wat aan die lig gekom het oor die mishandeling van kinders en kwesbare jongmense deur lede van die kerk in Ierland, veral deur priesters en gelowiges," het die pous geskryf.
Lees die volledige brief hier.
– CNN