Pous Benedictus XVI tree uit
2013-02-11 13:19
Vatikaanstad – Die Vatikaan het Maandag aangekondig dat pous Benedictus XVI op die 28ste Februarie 2013 sy amp sal neerlê.
Federico Lombardi, woordvoerder vir die Vatikaan, het aan AFP bevestig dat die 85-jarige pous sy posisie sal verlaat.
“Die pous het aangekondig dat hy sy posisie teen 19:00 op 28 Februarie sal verlaat,” het Lombardi gesê.
Benedictus XVI is op 19 April 2005 as die leier van die Rooms-Katolieke Kerk aangekondig.
Hy het sy besluit Maandagoggend tydens 'n byeenkoms van kardinale aangekondig.
Benedictus XVI het gesê dat hy tree uit omdat hy nie langer die krag het om sy pligte na te kom nie.
“Vir die rede, en ten volle bewus van die erns van hierdie Wet, met volle vryheid, verklaar ek dat ek die bediening as die Biskop van Rome, opvolger van sint Petrus, sal verlaat,” het die verklaring gelui.
‘n Nuwe pous sal glo voor die einde van Maart gekies word.
– Volg Nuus24 op Twitter
- AFP