Posh Spice ewebeeld dalk skakel tot Maddie
2009-08-06 19:29
Londen – Privaat speurders in Londen is op soek na ‘n vrou wat soos Victoria Beckham lyk in verband met die soektog na Madeleine McCann.
Britse ondersoekers het Donderdag gesê hulle glo die vrou, wat ‘n Australiese of Nieu-Seelandse aksent het, het moontlik informasie oor die kind se verdwyning twee jaar gelede.
Privaat speurders het ‘n elektroniese voorstelling van die vrou vrygestel, wie hulle sê lyk soos Victoria Beckham, voormalige Spice Girl en vrou van die sokkerspeler David Beckham.
Madeleine McCann, algemeen bekend as Maddie, het op 3 Mei 2007 onder vreemde omstandighede by ‘n Portugese vakansieoord vermis geraak.
Portugal se polisie het die saak ‘n jaar gelede onopgelos toegemaak.
-Sapa