Porno-verdagtes vas
2009-09-30 12:13
Oostenryk- Talle verdagtes wat na bewering betrokke is in kinderpornografie, is vasgetrek.
Die Oostenrykse ondersoekburo het luidens ‘n verklaring gesê die verdagtes is as deel van ‘n internasionale ondersoek verlede nag vasgetrek en word nou aangehou.
Alexander Marakovits, ‘n woordvoerder van die buro het slegs gesê die verdagtes “sluit verbruikers, asook produseerders” van kinderpornografie in.
Sowat 200 huise is wêreldwyd deursoek, het hy bygevoeg.
Meer inligting rakende die ondersoek sal later vandag bekend gemaak word.
Owerhede het verlede week gesê hulle het sowat 43 mense geïdentifiseer wat na bewering kinderpornografie besit, oordra of aanlyn bestudeer.
- Sapa-AP