Porno-akteurs moet kondome gebruik
2012-01-17 17:57
Los Angeles – Die stadsraad van Los Angeles maak reg om sy goedkeuring te gee vir ‘n omstrede ordonnansie wat sal eis dat akteurs in volwasse films kondome moet gebruik.
Die raad het tentatief die ordonnansie aanvaar met ‘n 11-1 stem. As raadslede tydens volgende Dinsdag se vergadering weer daarvoor stem, sal dit na die burgemeester vir sy handtekening gestuur word.
Aktiviste vir die ordonnansie het gesê die maatreël is nodig om die verspreiding van MIV in die porno-bedryf, grootliks gesentreerd in Los Angeles, te verhoed.
Die porno-bedryf se handelsvereniging, die Free Speech Coalition, het gesê kondome is nie nodig nie.
Die vereniging het gesê dat akteurs eerder vir ‘n gereelde basis moet gaan vir toetse vir seksueel oordraagbare siektes. Daar was in die afgelope vyf jaar glad nie ‘n bevestigde geval van MIV in die bedryf nie.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP