Poolse vliegtuig het waarskuwings geïgnoreer
2010-04-14 00:21
Kaapstad – Lugverkeersbeheerders het die Poolse vliegtuig waarin die land se president gevlieg het gewaarsku om eerder by ‘n ander lughawe te land.
President Lech Kaczynski en 95 ander mense is Saterdagoggend in ‘n vliegtuigongeluk oorlede.
Die lugverkeerbeheerders was die laaste mense wat met die presidensiële straler kontak gehad het voor dit by die Severny militêre lughawe probeer land het.
Hulle het bygevoeg dat die straler nie standaard prosedure gevolg het nie.
“Die hoof van die lughawe se lugverkeerbeheerders het getwyfel of die straler die landing suksesvol kan voltooi.
"Hy het die bemanning drie keer aangeraai om eerder êrens ander te land, maar hulle wou nie luister nie,” het Anatoly Muravyev, een van die beheerdes, gesê.
“Daarna kon ons maar net bystaan en kyk.”
– Sapa