Politikus se seun in gesig geskiet
2010-11-26 19:00
Kaapstad – Die seun van Lien Chan, Taiwan se voormalige adjunk-president, is in die gesig geskiet terwyl hy ‘n veldtog vir die plaaslike verkiesings gevoer het, het polisie gesê.
Volgens mediese beamptes is Lien Cheng-wen in ‘n stabiele toestand, berig die BBC.
Hy was besig om ‘n toespraak by ‘n byeenkoms te lewer toe ‘n man hom genader en in die gesig geskiet het, het berigte gesê.
Hy was glo besig om in Taipei namens ‘n kandidaat van die heersende Kuomintang-party te praat.
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter.