Polisieman van moord aangekla
2011-09-15 21:03
Kual Lumpur – ‘n Maleisiese polisiebeampte is vyf jaar gevangenisstraf opgelê ná hy ‘n tiener-verdagte doodgeskiet het.
Jenain Subi (48) is
skuldig bevind aan strafbare manslag.
Die 14-jarige Aminulrasyid Amzah is noodlottig getref toe Subi 21 skote tydens 'n jaagtog op die verdagtes afgevuur het.
Die polisie het Amzah daarvan
beskuldig dat sy motor in trurat was en dat hy doelbewus in die polisiemotor vasgery het.
Amzah se vriend, wat ook in die motor was, het
egter getuig dat hulle besig was om weg te jaag toe die polisie op hulle begin skiet.
Dit is die eerste keer dat ‘n polisieman vir
die moord van ‘n verdagte aangekla word in dié land.
Aktiviste sê egter Maleisiese polisie het al meer as
180 verdagtes sedert 2007 doodgeskiet.
Volg Nuus24 op Twitter.