Polisieman skiet op passasiers wat weier om sitplek af te gee
2010-03-20 02:24
Moscow – ‘n Russiese polisieman het Vrydag twee passasiers tydens spitsverkeer op 'n trein geskiet en gewond omdat hulle nie hul sitplek vir ‘n pensioenaris wou opgee nie, het die ministerie van Binnelandse sake gesê.
Die voorval het Donderdagaand gebeur, toe ‘n polisieman, geklee in private klere twee ander passasiers aangepraat het omdat hulle nie hul sitplek aan ‘n bejaarde persoon wou opgee nie, het Oleg Yelnikov, woordvoerder van die ministerie van Binnelandse sake gesê.
Volgens Yelnikov het albei passasiers uit die trein geklim. Een van hulle het ‘n botteltjie met traangas uitgehaal en die polisieman daarmee in die gesig gespuit.
Die polisieman het uit selfverdediging ‘n automatiese vuurwapen uitgehaal. Die een passasier is liggies in sy arm beseer nadat die rubberkoeël van hom afgespring het en ‘n vroulike passasier in die been getref het.
Die vrou is vir haar beserings behandel. Daar was geen ander ernstige beserings nie.”
Die polisieman wie vir die afgelope 15 jaar by die ministerie werk, is geskors hangende 'n ondersoek. Hy is tans in die hospitaal weens ‘n chemiese brand gevoel in sy oë.
Toetse het bewys dat altwee mans was nugter tydens die voorval.
- Sapa-AFP