Polisieman kry doodstraf ná moord op goeweneur
2011-10-01 12:26
Islamabad – 'n Hof in Pakistan het 'n polisiebeampte die doodstraf opgelê nadat hy vroeër vanjaar 'n liberale goeweneur vermoor het.
Die hoë-profiel-moord op Salman Taseer, provinsiale goeweneur van Punjab, is wyd gesien as 'n teken dat Pakistan steier onder die gewig van ekstremisme.
Taseer is in Januarie deur Mumtaz Qadri doodgeskiet.
Qadri is Saterdag gevonnis. Hy het gesê Taseer het weens sy kritiek teen die wette van Pakistan verdien om te sterf.
– Volg Nuus24 op
Twitter
- SAPA