Polisiebeamptes vrygespreek in orkaan Katrina-saak
2011-10-20 23:05
New Orleans – ‘n Regter het jurielede se uitspraak teen vyf
polisiebeamptes wat betrokke was by ‘n noodlottige skietery ná Orkaan Katrina, omgekeer.
Die polisiebeamptes is onder meer van
menseregteskendings aangekla.
Regter Kurt Engelhardt het beslis dat die
jurie nie genoeg bewyse het om sersant Kenneth Bowen skuldig te bevind op
aanklagte dat hy op die 40-jarige Ronald Madison getrap het nadat ‘n ander
polisieoffisier hom geskiet en noodlottig gewond het nie.
Volgens Engelhardt was daar ook nie genoeg
bewyse om vier polisiebeamptes daarvan aan te kla dat hulle in ‘n sameswering
betrokke was om Jose Holmes valslik te vervolg nie.
Jose Holmes, ‘n slagoffer van die skietvoorval
op ‘n brug buite New Orleans ná Orkaan Katrina, is nie in hegtenis geneem óf
aangekla nie.
Die
regter het die verdediging se versoek vir ‘n nuwe verhoor egter verwerp en die
meeste van die aanklagte teen die beamptes bly geldig.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP