Polisie vind bejaarde vrou se lyk in vrieskas
2011-09-20 16:02
Wene – Oostenrykse polisiebeamptes het ‘n 89-jarige vrou se lyk in ‘n vrieskas gevind en sê haar neef erken hy het haar daar gesit.
Markus Haindl, ‘n polisiewoordvoerder, sê die verdagte, wie se naam nie bekend gemaak is nie, beweer sy tannie is aan natuurlike oorsake oorlede.
Die neef sê hy het sy tannie in die vrieskas gesit sodat hy haar maandelikse toelaag kon ontvang.
Die polisie wag tans vir die resultate van ‘n nadoodse ondersoek sodat hulle kan vasstel of enige gemene spel betrokke is.
Die voorval het in ‘n dorp sowat 100 km wes van Wene plaasgevind.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP