Polisie trek mafia-kring vas
2011-06-08 22:50
Rome – Die polisie in die noorde van Italië het 151
mense in hegtenis geneem wat aan een van die land se grootste mafia
organisasies, die ‘Ndrangeta, gekoppel is.
Daar was verskeie besigheidsmanne en
politici onder dié wat in hegtenis geneem is.
Die meeste van die beskuldiges is vroeg
Woensdagoggend tydens ‘n klopjag in die noord-westelike industriële stad Turin gevan, het Antonio De Vita van die Carabinieri-polisie gesê.
Rivaralo Canavese, ‘n munisipale raadslid van ‘n
klein dorp naby Turin sowel as die voormalige burgermeester van Leini, is in
hegtenis geneem.
Die meeste van die mense wat in hegtenis
geneem is, word van dwelmhandel, afpersing, die onwettige besit van wapens en
handeldryf met gesteelde goedere aangekla.
Beslag is ook op sowat R678 miljoen se bates gelê.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa-DPA