Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Polisie red twee vroue ná groep hulle wil brand

2013-02-13 12:02
Tweets Share Share line Print

Sydney – Die polisie in Papoea-Nieu-Guinee het twee vroue wat van heksery beskuldig is, gered voor 'n groep mense hulle aan die brand kon steek, het ‘n berig Woensdag gelui.

Dié dramatiese reddingspoging kom enkele dae nadat ‘n jong ma wat van heksery beskuldig is, lewend deur ‘n ander groep verbrand is.

Bewerings van heksery is ‘n prioriteit vir beamptes ná dié saak van die 20-jarige vrou wat verlede week uitgetrek, met petrol gegooi en aan die brand gesteek is, het Teddy Tei, polisiebevelvoerder, aan The National-koerant gesê.

Die vrou, wat deur The National as die 20-jarige Kepari Leniata geïdentifiseer is, is glo in Mount Hagen met ‘n strykyster gemartel, vasgebind, en aan die brand gesteek bo-op ‘n hoop vullis en buitebande.

Sy is daarvan beskuldig dat sy ‘n sesjarige seun se dood veroorsaak het.

In die jongste voorval Maandag, wat ook in Mount Hagen plaasgevind het, is twee bejaarde vroue aan pale vasgebind en mense het gereedgemaak om hulle weens die dood van ‘n agtjarige meisie aan die brand te steek.

Die meisie se familie beweer die vroue het die kind se dood deur heksery veroorsaak, maar Tei sê sy is “verkrag en deur twee bekende verdagtes vermoor”. Dié verdagtes was deel van die groep wat die vroue aangeval het.

Tei sê die polisie, wat ‘n wenk van een van die getuies ontvang het, het die vroue gered en 20 mense is in hegtenis geneem.

Hy het ‘n beroep op die publiek gedoen om nie die wet in eie hande te neem nie.

– Volg Nuus24 op Twitter
 

- Sapa - AFP

Lees meer oor: papoea-nieu-guinee  |  heksery
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10
 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Senekal - 06:24 AM
    Road name: R707
    POTHOLES and poor road surface conditions between Senekal and Marquard - proceed with caution
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.