Polisie rand blinde aktivis aan
2011-02-11 11:17
Kaapstad – ‘n Prominente Chinese aktivis en sy vrou is glo deur polisiebeamptes geslaan nadat ‘n video van die paartjie se huisarres vrygestel is.
Chen Guangcheng en sy vrou, Yuan Weijin, het ernstige beserings opgedoen, het die menseregtegroep Chinese Human Rights Defenders gesê.
BBC berig dat die aanranding plaasgevind het nadat ‘n geheime video vrygestel is. Dié video wys hoe Chen ‘n gevangene in sy eie huis is.
Chen, wat verlede jaar uit die tronk vrygelaat is, sê hy is sedert sy vrylating onder toesig.
Chen, wat een van China se mees prominente aktiviste is, is aanvanklik tronk toe gestuur nadat hy beweer het dat owerhede mense forseer het om aborsies te hê.
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter.