Polisie ondersoek 'skietery' naby Withuis
2011-11-12 13:04
Washington – Die polisie het Vrydagaand 'n gedeelte van Constitution-rylaan gesluit om 'n moontlike skietery in die gebied te ondersoek en 'n AK47-aanvalsgeweer gevind.
Sers. David Schlosser het gesê die Withuis was nie die teiken van die voorval nie.
Getuies het skote gehoor en twee voertuie in die rigting van 17destraat hoor ry. Een van die voertuie is later gevind,
Niemand is in hegtenis geneem nie.
Die polisie soek koeëlgate en het nog nie bevestig dat skote afgevuur is nie.
– Volg Nuus24 op
Twitter
- Sapa - AP