Polisie in Europa arresteer 112 vir kinderporno
2011-12-16 23:00
Den Haag – Die polisie het 112 mense in 22 Europese lande in hegtenis geneem wat na bewering "die mees uiterste vorm" van aanlyn-videos van kinders wat seksueel mishandel en verkrag word, versprei het, het die polisie-agentskap Europol Vrydag gesê.
"Tot dusver het ons 269 verdagtes in 22 lande geïdentifiseer en 112 in hegtenis geneem," het Europol-direkteur Rob Wainwright tydens 'n perskonferensie by die agentskap se hoofkwartiere in Den Haag gesê.
"Die operasie het mense geteiken wat die mees uiterste vorm van video materiaal, wat die seksuele mishandeling en verkragting van babas en kleuters insluit, met mekaar deel.
"Ek het geen twyfel dat ons nog arrestasies gaan maak nie," het hy gesê.
Die polisie het 59 rekenaars en 2 430 stukke hardeware tydens die klopjag gekonfiskeer.
Volg
Nuus24 op Twitter.
- AFP