Polisie fnuik skool-bomaanvaller se planne
2011-08-17 22:54
Tampa – Die polisie in Florida sê hulle het ‘n
17-jarige seun in hegtenis geneem wat die skool wat hom geskors het met 'n bomaanval wou terugbetaal.
Hy is gevang met al die benodigdhede om ‘n hele aantal pypbomme te maak.
“Ons het heel waarskynlik ‘n katastrofiese
voorval voorkom,” het Jane Castor van die Tampa-polisie gesê.
Die verdagte, Jared Cano (17), se teiken was
Freedom Hoërskool in Hillsborough.
Die polisie het ‘n wenk ontvang dat Cano die
aanval vir die eerste dag van skool ná die afgelope vakansie beplan het.
Hulle het sy huis deursoek en die verskeie
benodigdhede vir ‘n pypbom, insluitend brandstof, skrapnel, plastiese pype, tydtoestelle
en lonte gevind.
Cano het ook sy planne in ‘n notaboek aangeteken,
met tekeninge van die verskeie klaskamers en verklarings van sy moorddadige
planne vir die skool.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Reuters