Poetin laat wenkbroue lig met grimering
2010-10-29 07:20
Moskou. – Rusland se rateltaai eerste minister, Wladimir Poetin, het Donderdag die wenkbroue laat lig toe hy met ’n dik laag grimering in die openbaar verskyn het om ’n blou oog te probeer verberg.
Poetin, wat al met tiere gestoei het en lief is vir sy judo, het op ’n vergadering met Oekraïense leiers “in ’n slegte bui en met ’n groot blou kol op sy linkerwang” opgedaag, het die TV-kanaal TCH berig. Baie politici gebruik grimering as hulle op TV verskyn, maar volgens joernaliste verkies Poetin om natuurlik te lyk.
Die Oekraïense weekblad Levy Bereghet bespiegel dat hy kosmetiese chirurgie ondergaan het.
Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP