Plunderaars maak amok in Chili
2010-03-03 10:00
Concepcion - Die dodetal na Saterdag se massiewe aardbewing in Chile, staan op 795. Amptenare sê egter dié getal sal waarskynlik nóg styg.
In Concepcion, 'n stad naby die middelpunt van die aardbewing, grawe reddingswerkers steeds lyke onder die puin uit.
Dit is egter nie die enigste probleem wat amptenare in die gesig staar nie.
Plunderaars maak amok in Concepcion en ander areas in sentraal en suid Chili.
Owerhede het Dinsdag hierop gereageer deur ‘n klokreëling vanaf sesuur die aan tot 12uur die volgende middag in te stel.
President Michelle Bachelet het Dinsdagoggend tydens ‘n nuuskonferensie gesê dat dié wetteloosheid nie geduld sal word nie.
Sy het bygevoeg dat hulle die “volle mag van die wet” sal toepas om orde in die land te herstel.
Kliek hier vir die volledige storie.