Piers moet getuig
2011-12-20 14:25
Londen – Die CNN-onderhoudvoerder Piers Morgan sal moet getuig oor sy voormalige pos as redakteur van een van Brittanje se poniekoerante wat betrokke is by ‘n ondersoek na die optrede van sommige van Brittanje se prominente publikasies.
Morgan sal Dinsdag via video-verbinding getuig voor die Leveson-ondersoek in Londen. Die ondersoek volg op die skandaal rondom die News of the World-koerant, wat intussen gesluit het, wat jare lank onwettig meegeluister het op selfoonboodskappe van bekendes, atlete en misdaadslagoffers.
Morgan het bekend geword toe hy deur Rupert Murdoch gekies is om News of the World op 28-jarige ouderdom te bestuur. Terwyl hy aan bewind was, het die poniekoerant die akteur Hugh Grant se kommunikasie met die Hollywood-prostituut Divine Brown onthul. Grant het reeds voor die ondersoek getuig van bewyse van wangedrag deur die pers.
- Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP