Piers Morgan vaar uit oor media-skandaal

2011-07-20 11:04
Tweets Share Share line Print

New York – Piers Morgan, aanbieder van die geselsprogram Piers Morgan Tonight op CNN, het bewerings ontken dat hy betrokke was by die Britse media-skandaal toe hy as joernalis in Brittanje gewerk het.

Morgan was tussen 1994 en 1995 aangestel as redakteur van Brittanje se grootste naweek-poniekoerant, News of the World.

Hy het gereageer op die bewerings wat deur Louise Mensch, ‘n Britse parlementslid, gemaak is.

Mensch het Dinsdag aangedui dat Morgan in sy outobiografie The Insider: The Private Diaries of a Scandalous Decade, wat in 2005 verskyn het, noem dat foonboodskappe afgeluister is om stories te kry.

Sy het dié stelling gemaak terwyl die media-magnaat Rupert Murdoch voor ‘n parlementêre komitee in Londen verskyn het.

Morgan het op die sosiale netwerk Twitter gesê Mensch se bewering is “absoluut nonsens.”

Morgan spog nie in sy boek dat hy fone afgeluister het nie, maar hy skryf hy het vermoed dat hy self afgeluister is.

“Me. Mensch is heeltemal verkeerd,” het Morgan getweet. “Dis duidelik dat sy nog nie my boek gelees het nie. Kan iemand asseblief ‘n kopie vir haar gee?”

Morgan het ook Murdoch, wat sy vorige baas was, verdedig en gesê hy vind dit ondenkbaar dat Murdoch sou geweet het van die onwettige bedrywighede by sy koerante.

Murdoch, sy seun James en Rebekha Brooks, hoof- uitvoerende beampte van News International – die Britse afdeling van Murdoch se mediagroep News Corp. en moedermaatskappy van News of the World – het Dinsdag voor die parlementêre komitee verskyn.

Dit was die eerste keer wat die media-magnaat in die openbaar besonderhede oor die skandaal bespreek het.

News of the World, wat meer as twee weke gelede gesluit het, word daarvan aangekla dat die poniekoerant sedert 2000 sowat 4 000 mense, waaronder politici, bekendes en misdaadslagoffers, se stemposboodskappe afgeluister het.

Volg Nuus24 op Twitter.
 

- Sapa - AP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gramsci sê... Die Knechtschaft dauert nur noch kurze Zeit! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.