Peru: 60 Beseer in aardbewing
2012-01-30 17:55
Peru – Minstens 60 mense het ligte beserings opgedoen nadat 'n 6.2-sterkte aardbewing Maandagoggend 'n gedeelte van die land naby die kus getref het, het beamptes gesê.
"Die aantal beseerdes wat tans behandeling by hospitale en klinieke ontvang, is 60," het Alonso Navarro, streekspresident, aan 'n plaaslike radiostasie gesê
Die beserings sluit gebreekte bene en snywonde in.
Die aardbewing wat om 00:11 plaasgevind het, was 23 kilometer suidoos van die stad Ica.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP