Perdebye steek 3 kinders dood
2009-10-08 02:41
Maleisië - Drie kinders is dood na hulle deur ‘n swerm perdebye aangeval is.
Hulle was blykbaar verlede naweek op ‘n wandel stappie met hulle ma en oom toe die perdebye toegesak het.
Sze Ying (6) en haar driejarige boetie, Chun Jie, is ure nadat hulle in die hospitaal opgeneem is, oorlede.
Chen Sze Ting, hul ouer sussie (8), het in ‘n koma verval maar is Dinsdag aand oorlede.
Hulle ma, Tan Wan Chew (29), is ook in die hospitaal opgeneem en is in ‘n kritieke toestand terwyl haar broer, Lan Chia, na behandeling ontslaan is.
Intussen het pesbeheer die perdebynes wat naby ‘n woonstelblok was, vernietig.
www.yahoonews.com