Pensioenaris betaal R7 000 vir moord op eks
2011-02-08 22:00
Saint Petersburg (Rusland) - ‘n 70-jarige afgetrede Russiese vrou word daarvan aangekla dat sy 30 000 rubles (sowat R7 000) vir die moord op haar eks, ‘n 32-jarige polisieman, aangebied het, het ‘n beampte Dinsdag gesê.
“Die vrou het die moord van die polisieman, met wie sy vroeër ‘n intieme verhouding gehad het, beplan,” het ‘n woordvoerder van die ondersoekende komitee in Murmansk, in die verre noorde van Rusland, gesê.
Die plaaslike polisie het die vrou met ‘n lokval vasgetrek deur ‘n polisieman, wat hom as ‘n huurmoordenaar voorgedoen het, te stuur om die plan te bespreek. Sy is in hegtenis geneem terwyl sy vir die misdaad betaal het.
- Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP