'Pedofiele deur die duiwel versoek'
2010-03-17 14:41
Rome – “Die duiwel lei almal in versoeking – mense in politiek, in die ekonomie, in sport. En natuurlik, bo almal anders, lei hy geloofsleiers in die versoeking, so moenie verbaas wees as die duiwel diegene in die Vatikaan in die versoeking lei nie. Dit is sy werk.”
Vader Gabriele Amorth, die hoof-duiweluitdrywer by die Rooms-Katolieke kerk, het nie metafories gepraat toe hy dit gesê het nie. Die 85-jarige priester bedoel dat mense versoek kan word en letterlik deur Satan besete kan wees.
Met ‘n kindermishandeling skandaal wat deur Europa loop en aantygings wat teen priesters in Ierland, Oostenryk en Nederland gemaak word, het Amorth gesê dat pedofiele versoek word en nie deur die duiwel besete is nie.
Lees die volle berig by CNN