Pedofiel se vrou kry tronkstraf
2009-07-31 15:44
Londen – ‘n Vrou wat haar man gehelp het om in die geheim jong meisies te verfilm terwyl hulle by die egpaar se huis bad, sal twee en ‘n half jaar agter tralies sit.
Rosemary Foxall, 'n assistent-onderwyseres het die bad vir die meisies getap terwyl haar man hulle in die geheim verfilm het.
Foxall (49) is vroeër hierdie maand op 10 klagtes van kinderpornografie en nog ‘n klagte van die besit van 147 onsedelike foto’s van kinders skuldig bevind. Haar man het kort na polisie hom ondervra het, selfmoord gepleeg.
Die kinders is met speelgoed, danspartytjies en swembaddens met glyplanke na die paartjie se juis gelok en dan met ‘n versteekte kamera bo die bad en een onder ‘n hoop wasgoed in die slaapkamer afgeneem.
- Sapa