Pedofiel-priester glo in SA afgelaai
2010-04-30 13:00
Kaapstad - Die Katolieke Kerk in Duitsland het 'n Katolieke priester van Johannesburg in Suid-Afrika kom aflaai nadat dit bekend geword het dat hy seuns in Duitsland gemolesteer het, berig The Star.
Volgens Spiegel-online, 'n Duitse nuusdiens, het die priester talle kinders gemolesteer voor hy Suid-Afrika toe gestuur is.
Volgens dié nuusdiens het 'n predikant en lede van die gemeente die kerk bewus gemaak het van die priester se seksuele aktiwiteite, maar het dit geen stappe geneem nie, behalwe om hom terug Suid-Afrika toe te stuur.
Lees meer hier.