Pedofiel kry 37 jaar
2009-07-16 13:17
Bangkok - 'n Kriminele Hof in Bangkok het Donderdag 'n Nederlandse man tot 37 jaar tronkstraf gevonnis vir die onwettige aanhouding en seksuele mishandeling van 'n Taiwanese seun, het 'n hofamptenaar gesê.
Willem Gerard Knoppien is saam met Thanes Bualuang, 'n Taiwanees, gevonnis. Laasgenoemde het 'n tronkstraf van 26 jaar en agt maande gekry.
Die hof se uitspraak het gesê dat Knoppien (52) 'n 12-jarige seun van sy ouers geneem het vir seksuele mishandeling. Die gebeure het telkemale in die Taiwanese dorpie Hua Hin tussen Maart en Desember 2009, net voordat hy in hegtenis geneem is, plaasgevind.
"Die paar is daaraan skuldig bevind dat hulle die seun van sy ouers geneem en hom seksueel misbruik het," het 'n amptenaar van die hof wat die uitspraak gelees het gesê.
- Sapa