Pedofiel kry 110 jaar straf
2009-10-21 15:07
Jerusalem - Die Israelse polisie het ‘n Amerikaanse pedofiel vasgetrek wat van die VSA se geregtigheid gevlug het.
Donals Nelson (59) het van Amerika gevlug terwyl hy op borgtog vrygelaat is.
Hy het intussen sy verhoor misgeloop.
Nelson is in sy afwesigheid ‘n vonnis van ‘n 110-jaar tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan sowat 52 aanklagtes van kindermolestering, het Micky Rosenfeld, die polisiewoordvoerder aan die German Press Agency (dpa) gesê.
Die Amerikaanse department van Justisie het ‘n versoek aan Interpol gerig om Nelson vas te trek.
Interpol het intussen vir die Israelse owerhede genader nadat hulle inligting ontvang het dat hy daar is.
‘n Spesiale Israelse taakmag het hom vroeg Dinsdagoggend in ‘n woonstel in die Ou Stad van Jerusalem gekry.
Hy het sy hare en baard laat groei om sy identiteit te beskerm.
Hy het sedert April onwettig in Israel gebly.
Nelson is aan die department van binnelandse sake oorhandig wat die nodige prosedures verder sal hanteer.
- Sapa-dpa