Pastoor brand Bybels vir Halloween
2009-10-15 02:35
Canton, Noord-Carolina – ‘n Pastoor van Noord-Carolina beplan om Bybels en boeke deur Christen skrywers op Halloween te verbrand.
Pastoor Marc Grizzard het aan ‘n Asheville televisiestasie WLOS gesê dat die King James vertaling van die Bybel die enigste vertaling is wat sy klein kerkie in Noord-Carolina volg.
Volgens hom is alle ander vertalings, soos die Living Bible, “satanisties” en “verdraaiings” van God se woord.
Grizzard en die 14 lede van die Amazing Grace Baptiste kerk gaan ook op Halloween-aand musiek en boeke deur Christen skrywers soos Billy Graham en Rick Warren verbrand.
Nog geen kommentaar van die kerk en Grizzard is bekend nie.
- Sapa-AP