Passasierskip en vragskip bots
2011-04-13 17:00
Bratislava, Slowakye – Volgens amptenare het ‘n skip met meer as 100 passasiers aan boord met ‘n vragskip gebots naby die hoofstad van Slowakye, maar geen beserings is aangemeld nie.
‘n Woordvoerder vir die brandweer, Ivan Petko, het gesê die ongeluk het vroeg Woensdag in ‘n kanaal by die Danube-rivier suid van Bratislava plaasgevind.
Die Duitse vragskip, wat mielies vervoer het, het ernstige skade opgedoen en was besig om te sink. Vyf bemanningslede het sonder enige skade ontsnap.
Passasiers van die Maltese skip, wat slegs ligte skade opgedoen het, word ontruim.
Petko het bygevoeg dat die kaptein daarvan oortuig is dat die skip die hawe in Bratislava sal bereik.
Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.
Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP