Pasiënte uit hospitaal ontruim toe aardbewing tref
2011-11-08 10:09
Manila – ‘n 5.2-sterkte-aardbewing het 16 mense beseer en talle huise in die suide van die Filippyne beskadig, het amptenare in die land gesê.
Die aardbewing het Maandag naby die dorp Malaybalay getref, het die Filippynse instituut van vulkanologie en seismologie gesê.
Die skudding is die ergste in Valencia-stad gevoel, waar krag afgesny is en sowat 40% van ‘n hospitaal se pasiënte ontruim is.
Ten minste 23 huise het ineengestort en drie winkelgeboue is gekraak, het maj. Eugenio Julio Osias van die weermag gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa-DPA