Pasgetroude paartjie gered ná skeepsramp
2012-01-15 10:00
Rome – Reddingswerkers het 'n Suid-Koreaanse paartjie, wat op wittebrood was, uit die wrak van 'n Italiaanse passasierskip gered, het Italië se ANSA-nuusagentskap Sondag berig.
Die paartjie, albei 29, is deur brandweermanne van die Costa Concordia gered. Hulle het hul eerste skeepsvaart by Civitavecchia, verder suid aan die Italiaanse kus onderneem.
Sowat 3 200 passasiers en 1 000 bemanningslede is gered toe die skip van £450 miljoen (sowat R5,6 miljard) ’n skeur van 50 m aan die linkerkant van die romp opgedoen en dit ontruim moes word
Drie mense is dood en reddingswerkers vermoed die dodetal kan verder styg.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA