Pasgetroude paartjie aangerand, beroof
2011-09-26 13:39
Beiroet – Drie onbekende aanvallers het ‘n bruidegom aangerand en sy bruid ontvoer in die ooste van Libanon, het ‘n polisieverslag Maandag gesê.
Die aanval het Sondag plaasgevind, slegs ure nadat die paartjie in die huwelik getree het, terwyl hulle op pad was na waar hulle op wittebrood sou gaan.
Die groep het die man teen sy kop geslaan, sy motorsleutels en selfoon geneem en die bruid ontvoer, het die polisie gesê.
Sy is ‘n paar uur later naby die oostelike dorp Zhale vrygelaat, maar die diewe het haar juweliersware en die motor gehou.
Volgens die Voice of Lebanon-radiostasie was die bruidegom ‘n Libanese weermag-korporaal.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa-DPA