Papegaai 'verklik' dogter se mishandeling
2010-12-09 13:44
Charleston – ‘n Papegaai wat in ‘n dooie vrou se huis hier gevind is, het ‘getuig’ van die mishandeling waaronder sy gelei het in haar dogter se sorg.
Polisiebeamptes het ‘n papegaai, sewe honde en ook talle katte in die bejaarde vrou se huis gevind.
Die huis was blykbaar walglik vuil en het gestink na feses en verrotte vleis.
“Toe ons die kombers van die papegaai se hok aftrek, het die papegaai heeltyd “help, help” gesê en dan vreeslik begin ‘lag’.
Die polisie vermoed dat die papegaai se ‘lag’ die 90-jarige vrou se dogter namaak.
Die dogter word aangekla van mishandeling en verwaarlosing.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP