Papademos nuwe Griekse premier
2011-11-10 16:10
Londen – Lucas Papademos, die gewese visepresident van die Europese Sentrale Bank, is na dae
lange samesprekings as Griekeland se nuwe premier aangewys.
Die Griekse
presidensiële kantoor het Papademos se aanstelling bevestig.
Die leiers van die
land se drie hoofpartye, wat saam ‘n nuwe regering van nasionale eenheid vorm,
het met die Griekse president vergader om tot ‘n ooreenkoms te kom.
Grieke hoop die
nuus van ‘n nuwe premier sal stabiliteit bring vir die land en die land deur sy
ekonomiese krisis dra, berig die BBC.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.