Panga-aanval laat 13 Christene dood
2011-01-11 21:00
Jos - ‘n Gemeenskapsleier in ‘n sentraal-Nigeriese dorp sê mans wat met pangas en jaggewere gewapen was, het 13 mense in dié dorp doodgemaak.
Die voorsitter van die plaaslike Riyom-regering het Dinsdag gesê drie huishoudings is Maandag omstreeks middernag in die Christelike dorp Kuru Stasie aangeval. Simon Mwaekwom sê inwoners het aan hom gesê die aanvallers het soldate ingesluit en soldate wat naby die dorp gestasioneer is, het geweier om te help.
Hy sê die aanvallers het kinders en volwassenes doodgemaak en hul huise afgebrand. Drie mense is ook beseer.
Die dorp lê suid van Jos, die middelpunt van geloofsgedrewe geweld in Nigerië se “middel-belt”, waar dosyne etniese groepe om beheer van vrugbare grond baklei.
Politiek, werke en grond motiveer dikwels dié aanvalle.
- Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP