Palin nou aanbieder op die TV
2010-01-14 22:22
Washington. – Me. Sarah Palin, gewese Amerikaanse visepresidentskandidaat, gaan as geleentheidsmedewerker by Fox News aansluit, berig The New York Times.
Die Republikeinse oudgoewerneur van Alaska sal blykbaar aanbieder wees van ’n reeks wat nou en dan uitgesaai word.
Palin het haar tydens 2008 se verkiesing verkiesbaar gestel in die presidentswedloop van sen. John McCain.
Pres. Barack Obama en visepres. Joe Biden het hulle verslaan.
- Sapa-DPA
-Beeld