Palin is terug
2009-08-03 09:08
Anchorage, Alaska - Sarah Palin het die naweek vir die eerste keer in die publiek verskyn ná sy as goewerneur van Alaska op 26 Julie bedank het.
Palin het Saterdagaand ‘n toespraak oor vuurwapen-regte tydens ‘n onthaal in Anchorage gelewer. Die onthaal het ‘n vier dag-lange vuurwapen seminaar deur Alaska se Vuurwapen Versamelaars Assosiasie, beëindig.
Wayne Anthony Ross, president van dié groep sê Palin het die onthaal saam met haar man Todd bygewoon. Daar was sowat 130 gaste by die onthaal.
Palin het 16 maande voordat haar eerste termyn as goewerneur verstreek, bedank.
-AP