Palestynse tiener op grens met Israel doodgeskiet
2011-08-16 22:59
Israel – ‘n Palestynse tiener wat te naby aan die
grensheining met Israel gekom het, is deur Israeliese soldate doodgeskiet.
Hy is op die grens oos van die Maghazi-vlugtelingskamp in die Gasastrook doodgeskiet.
‘n Woordvoerder van die Israeliese weermag het
bevestig dat soldate “geskiet het op ‘n verdagte wat die grensgebied in dié
area oortree het” en dat die verdagte raakgeskiet is.
Israeliese soldate skiet gereeld op Palestyne
wat te naby aan die heining op die grens tussen die Gasastrook en die Joodse
staat kom.
Volgens die woordvoerder doen hulle dit om
aanvalle te voorkom, sowel as om voornemende selfmoordbomaanvallers te stop.
Die Israeliese lugmag het Dinsdag vier areas
in die Gasastrook geteiken ná die suide van Israel deur 'n Palestyne vuurpyl getref is.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP