Palesteinse minister bedank ná beledigende uitlating
2011-12-01 22:57
Ramallah – Die Palestynse minister van arbeid, Ahmed
Majdalani, het sy bedanking ingedien ná beledigende opmerkings wat hy oor die staatsamptenare
gemaak het, oor die radio uitgesaai is.
“Ek het my bedanking aan die president van die
Palesteinse Nasionale Owerheid Mahmud Abbas sowel as premier Salam Fayyad oorhandig,”
het Majdalani in ‘n verklaring gesê.
“Ek beskik van politieke etiek en moed en
derhalwe herhaal ek my verskoning aan my broers en susters vir my onvanpaste
gedrag.
“Ek het nooit bedoel het om enigiemand te
beledig nie,” het hy gesê.
Majdalani het onder skoot gekom nadat hy
staatsamptenare as “die broers van prostitute” beskryf het en dié uitlating per
abuis op nasionale radio uitgesaai is.
Hy het die opmerking gemaak na ‘n onderhoud
met Rayya FM, skynbaar onbewus van die feit dat die mikrofoon nog aangeskakel
was.
Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP